* Price may vary from time to time.
* GO = We're not able to fetch the price (please check manually visiting the website).
Gewone Taal is written by Eleanor Cornelius and published by African Sun Media. It's available with International Standard Book Number or ISBN identification 1928480616 (ISBN 10) and 9781928480617 (ISBN 13).
Gewone Taal: ‘n Oorsig is ‘n boek oor hoe skrywers skryf en lesers lees. Die inhoud van die boek betrek skryf- en leesprobleme op woord-, sins- en teksvlak. Die boek fokus merendeels, maar nie uitsluitlik nie, op regstekste omdat hierdie tekstipes vir ontoeganklikheid en ondeursigtigheid vir nie spesialislesers berug is. Een groot bydrae is die kontrolelys wat leiding aan skrywers bied oor watter konstruksies hulle liefs moet vermy en watter konstruksies hulle met groot nut kan gebruik. Hierbenewens word heelwat praktiese toepassingsvoorbeelde voorsien, wat demonstreer hoe komplekse konstruksies op verskillende teksvlakke herskryf kan word om leesbegrip te verhoog. Hoewel die boek ‘n sterk teoretiese begronding het, gaan dit ook om die toepassing daarvan in die praktyk, met die uiteindelike doel om gewone mense te bemagtig en sodoende hulle basiese reg op toegang tot inligting te verwesenlik.