* Price may vary from time to time.
* GO = We're not able to fetch the price (please check manually visiting the website).
Tolbos is written by Irma Joubert and published by Penguin Random House South Africa. It's available with International Standard Book Number or ISBN identification 079936410X (ISBN 10) and 9780799364101 (ISBN 13).
In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Voëlvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het. ” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.